Maak sowat 20

Bereiding: 20 min.

Verkoel: 3 uur

150 g gekapte botter

300 g gekapte donker sjokolade

30 ml (2 e) goue stroop

15 ml (1 e) brandewyn (opsioneel)

100 g ongegeurde koekies

180 ml (¾ k) grofgekapte geroosterde haselneute

125 ml (½ k) fyngekapte rosyntjies

125 ml (½ k) rooi glanskersies, gehalveer

  1. Smeer ’n 13 x 23 cm-broodpan met olie. Voer die basis en kante uit met bakpapier en laat 5 cm oor die langer kante uitsteek.
  2. Plaas die botter, sjokolade, stroop en brandewyn (indien jy dit gaan gebruik) in ’n hittebestande bak oor ’n pot met watter wat liggies kook, maak seker dit raak nie aan die water nie. Verhit en roer tot dit glad en gemeng is. Verwyder van die hitte.
  3. Breek die koekies in klein stukkies en sit in groot bak. Voeg die haselneute, rosyntjies en kersies by. Roer om te meng. Roer die sjokolademengsel by.
  4. Skep die mengsel in die voorbereide pan en druk dit saggies af. Bedek die oppervlak met bakpapier. Bedek die pan met kleefplastiek. Plaas 3 uur of tot dit gestol het in die koelkas. Laat staan 10 minute teen kamertemperatuur en sny dan in stafies.

Deur Hope Malau