Lewer 16 - 20

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 3 uur

Gaarmaak: 8 min.

500 g donkersjokolade, gekap

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) gouestroop

50 g mini-malvalekkers

100 g neute, gerooster en gekap

100 g geglaseerde kersies

50 g Tennis-koekies, grof gekap

Voer ’n bakpan van 20 x 20 cm uit met bakpapier.

  1. Smelt die sjokolade, botter en gouestroop in ’n bak oor ’n pot pruttende water tot glad en glansend.
  2. Verwyder van die hitte en vou die oorblywende bestanddele in.
  3. Plaas in die bereide bakpan, laat afkoel tot kamertemperatuur en sit 3 uur in die koelkas of tot die sjokolade geset het. Sny en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan