Lewer 1 tert van 20 cm

Bereiding: 1 uur

Baktyd: 30 minute

Staantyd: 30 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

175 g koekmeel

40 g strooisuiker

90 g botter, verkoel

gerasperde skil van 1 lemoen

45 ml (3 e) water

VULSEL

200 g donkersjokolade, gekap

250 ml (1 k) room

5 groot eiergele

90 g strooisuiker

100 ml lemoensap (van die lemoen wat jy geskil het)

45 ml (3 e) lemoenlikeur of brandewyn (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertpan van 20 cm.

  1. KORS Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker. Bedek met waspapier en laat 30 minute rus.
  2. Rol die deeg uit en voer die tertpan daarmee uit. Sny die kante netjies en prik die deeg met ’n vurk. Bak 12-15 minute blind. Verwyder die bone en bak 5-10 minute.
  3. VULSEL Smelt die sjokolade en room in ’n glasbak bo-oor ’n kastrol pruttende water. Roer gereeld tot die sjokolade gesmelt het en verwyder van die hitte.
  4. Klits die eiergele en suiker tot lig en dik. Roer die sjokolade by en plaas terug in die glasbak. Plaas terug oor die kastrol. Verhit en roer tot die mengsel verdik.
  5. Roer die lemoensap en likeur by en giet in die afgekoelde tertdop.
  6. Laat 2-3 uur in die yskas stol. Sit voor saam met geklitste room.