Lewer 1 groot koek

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45 minute

3 bete, gekook en geskil

100 g donker sjokolade

560 ml (2¼ k) koekmeel

80 ml (? k) kakaopoeier

’n knippie sout

7 ml (1½ t) koeksoda

170 g botter, sag gemaak

320 ml bruinsuiker

125 ml (½ k) strooisuiker

3 eiers

10 ml (2 t) vanielje-ekstrak

250 ml (1 k) volroommelk

10 ml (2 t) siderasyn

15 ml (1 e) olie

1 Voorverhit die oond tot 180 oC en smeer ’n 30 cm-koekpan.

2 Verwerk die beet in ’n voedselverwerker tot fyn gekap.

3 Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker of in die mikrogolf en sit eenkant.

4 Sif die meel, kakaopoeier, sout en koeksoda.

5 Klits die botter, bruinsuiker en strooisuiker tot romerig. Voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elke byvoeging goed klits om te meng. Voeg die bottermengsel by die meelmengsel.

6 Meng die vanielje-ekstrak, melk, asyn, beet en olie in ’n ander bak en voeg dit dan by die koekbeslag. Meng goed.

7 Giet in die voorbereide koekpan en bak ’n driekwartier of tot ’n steekpen skoon uitkom nadat dit in die middel ingesteek is.

- Hope Malau