Hierdie happiegrootte-sjokoladestawe is onweerstaanbaar. Maak ’n baksel en geniet dit wanneer jy lus kry vir peusel.

Lewer 22

Bereiding: 15 min.

Rys: 1 uur 40 min.

Gaarmaak: 12 min.

7 g droë gis

180 ml (¾ k) strooisuiker

140 ml melk, warm gemaak

4 x 250 ml (4 k) meel

5 ml (1 t) gemengde speserye

60 ml (¼ k) kakaopoeier

5 ml (1 t) fyn kaneel

50 g botter, gekap

125 ml (½ k) warm water

1 eier, liggies geklits

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

melk vir verf

heuning vir verglans

VULSEL

300 g donker sjokolade

60 g botter

250 ml (1 k) room

GARNEERSEL

strooiversierings

  1. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit.
  2. Plaas die gis, suiker en melk in ’n bak en roer tot die gis opgelos het. Bedek en sit 10 minute eenkant op ’n warm plek of tot skuimerig.
  3. Sif die meel, gemengde speserye, kakaopoeier en kaneel in ’n bak. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
  4. Maak ’n holte in die middel. Voeg die gismengsel, warm water, eier en vanielje-ekstrak by. Meng goed om ’n gladde deeg te vorm. Bedek met kleefplastiek en sit 1 uur eenkant op ’n warm plek of tot die volume verdubbel het.
  5. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie 20 minute of tot glad.
  6. Verdeel in 22 ewe groot porsies. Vorm elkeen in ’n ovaal en rol dan die ovaal in die lengte om ’n staaf te vorm.
  7. Verplaas na die bereide bakplate en spasieer 3 cm uitmekaar. Bedek met ’n afdroogdoek en sit 40 minute eenkant op ’n warm plek.
  8. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  9. Verf die stawe met die ’n bietjie melk. Bak 12 minute of tot goudkleurig en gaar (’n steekpen met skoon uitkom wanneer dit ingesteek word). Verplaas na ’n afkoelrak en verf met heuning.

Vulsel

  1. Verhit die sjokolade, botter en room in ’n potjie oor matige hitte en roer tot die sjokolade gesmelt is. Sit eenkant om af te koel.
  2. Skep die afgekoelde sjokolademengsel in ’n spuitsak. Maak ’n klein insnyding in elke staaf met ’n steekpen en spuit die sjokolademengsel in.

Garneersel

Bedek elke staaf met strooiversierings en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers