Lewer 1 groot koek

Bereiding: 30 min

Baktyd: 35 min

KOEK

4 x 250 ml (4 k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

7,5 ml (1½ t) koeksoda

2 ml (½ t) sout

375 ml (1½ k) karringmelk of amasi

125 ml (½ k) olie

10 ml (2 t) vanieljegeursel

500 ml (2 k) strooisuiker

125 ml (½ k) bruinsuiker

250 ml (1 k) botter

6 eiergele

3 eiers

VERSIERSEL

200 g botter (kamertemperatuur)

4 x 250 ml (4 k) versiersuiker

125 ml (½ k) kakaopoeier

5 ml (1 t) vanielje-geursel

80 ml (? k) karringmelk of amasi

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer drie 23 cm-bakpanne met olie en voer uit met bakpapier.
  2. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n bak.
  3. Meng die karringmelk of amasi, olie en vanieljegeursel in ’n afsonderlike bak.
  4. Klop die suikers en botter in ’n derde bak saam tot dit donsig is. Voeg die eiergele en eiers een-een by, klop goed en skraap die kante van die bak ná elke byvoeging. Voeg die karringmelk of amasi-mengsel by die bottermengsel. Vou die droë bestanddele in en maak seker daar bly geen klonte agter nie.
  5. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne, sowat drie koppies per pan. Maak die bolae glad.
  6. Bak 35 minute of tot die koeke goudbruin is en ’n toetspen skoon uit die middel kom.
  7. Plaas die koekpanne op draadrakke en dit 30 minute in die pan afkoel.
  8. Verwyder enigiets wat uitstaan bo-op elke koek met ’n getande mes om ’n plat oppervlak te verseker. Sny elke koek horisontaal in die helfte; maak weereens seker die oppervlak is plat.
  9. Versiersel: Klits die botter, versiersuiker en kakaopoeier in ’n bak tot dit ’n gladde mengsel vorm. Voeg die vanieljegeursel en karringmelk of amasi by en klits tot die versiersel glad en romerig is.
  10. Plaas een koek op ’n koekstander of bord. Skep 80 ml (? k) versiersel bo-op en versprei eweredig met ’n strykmes of die agterkant van ’n lepel. Plaas nog ’n laag en versiering bo-op en herhaal tot al die lae bygevoeg is. Gebruik die oorblywende versiersel bo en langs die kante van die koek.

Deur Hope Malau