Genoeg vir 4 mense

40 g botter

4 filovelle

1 rooiui, fyn gekap

1 geel soetrissie, fyn gekap

150 g bruin sampioene, fyn gekap

50 g spinasie, fyn gekap

150 g fetakaas, gekrummel

2 eiers, geklits

50 ml melk

sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smelt ’n bietjie van die botter.

Voer ’n ronde tertpan uit met die filovelle; verf elkeen met van die botter.

Verhit die res van die botter en braai die ui, soetrissie en sampioene ’n paar minute.

Braai tot die sampioene droog gebraai is.

Verwyder die pan van die hitte en roer die spinasie en fetakaas deur die uimengsel.

Skep die groente in die filodeeg en klits die eiers en melk.

Geur met sout en peper.

Giet die eiermengsel oor die groente en bak 30-40 minute of tot gaar.