Lewer 1 tert van 23 cm

Bereiding: 25 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur of oornag

250 ml (1 k) pitlose rosyne of sultanas

250 ml (1 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

5 ml (1 t) rumgeursel

45 ml (3 e) rum

1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies

ekstra Tennisbeskuitjies, verkrummel, en ekstra rosyntjies of sultanas vir versiering (opsioneel)

Smeer ’n veerklamppan van 23 cm.

  1. Giet kokende water oor die rosyntjies en hou eenkant tot dit uitgeswel het. Dreineer goed.
  2. Klits die room styf en voeg die karamelkondensmelk by. Meng goed.
  3. Voeg die gedreineerde rosyntjies, rumgeursel en rum by en meng.
  4. Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies in die voorbereide tertbak en skep ’n laag karamelmengsel bo-op.
  5. Herhaal die lae en sprinkel gekrummelde beskuitjies en rosyntjies bo-op indien verkies.
  6. Verkoel 2-3 uur of oornag voor dit voorgesit word.

Hierdie resep kom uit: 

Die 100 beste lesersresepte – Terte

terte