Lewer 1 tert of 4-6 glase

Bereiding: 10-15 minute

Verkoeltyd: 1-2 ure

250 g pitlose rosyne

250 ml (1 k) kookwater

250 ml (1 k) room, verkoel

1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk

2 ml (½ t) vanieljegeursel

5 ml (1 t) rumgeursel

1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies

aarbeie vir versiering indien verkies

  1. Bedek die rosyne met kookwater en hou eenkant.
  2. Klits die room styf en meng die kondensmelk en geursels by.
  3. Dreineer die rosyne (hou ’n paar eenkant) en meng liggies by die karamelroom in.
  4. Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n bak of glase en skep ’n laag karamelroom oor.
  5. Herhaal lae en rond af met rosyne. Verkoel tot stewig. Versier met aarbeie indien verkies.
WENK Rum-en-rosyntert