Settie Engelbrecht is gebore en het grootgeword op die plaas Steenrug buite Clanwilliam. Sy was van kleins af lief vir kook. Haar pa het altyd kos gemaak en sy het maar gehelp.

Lewer 3 groot brode

Bereiding: 25 minute

Rystyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 45 minute

2 kg koekmeel

2 pakkies (10 g elk) kitsgis

20 ml (4 t) sout

20 ml (4 t) suiker

100 g botter, gesmelt in louwarm water om vloeistof van 1,7 liter te lewer

15 ml (1 e) vars roosmarynblare, gekap

Geklitste eier vir bo-oor smeer

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer 3 groot panne van 30 x 13 x 8,5 cm elk goed met botter of margarien.
  2. Meng die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die watermengsel by, meng deur en knie goed tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie.
  3. Voeg die roosmaryn by en knie dit in tot goed deurgemeng.
  4. Laat rus 10 minute op ’n warm plek, knie af en maak 3 brode.
  5. Plaas dit in die panne en laat rys dit op ’n warm plek tot die panne vol is.
  6. Smeer die brood met geklitste eier en bak sowat 45 minute tot die brood gaar en hol klink as daar aan die onderkant geklop word.
  7. Laat effe afkoel in die panne en keer dan uit op ’n draadrakkie.
  8. Bedek met ’n doek.

Sit voor met botter en konfyt.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 29 april 2010.