Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Rystyd: 1 uur

Baktyd: 25 minute

750 ml (3 k) meel

2 ml (½ t) sout

15 ml (1 e) suiker

1 sakkie (10 g) droë gis

30 ml (2 e) olie

250 ml (1 k) louwarm water

ekstra meel vir bestrooi

ekstra olie vir verf

4 takkies roosmaryn

2 ml (½ t) paprika

1 salot of rooi-ui, in skywe gesny

125 ml (½ k) ontpitte olywe

20 g parmesaanskaafsels

1    Meng die meel, sout, suiker en gis in ’n bak.

2    Gooi die olie in en voeg die water geleidelik by terwyl jy die bestanddele goed met jou hande meng tot ’n klewerige deeg vorm. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie sowat 5 minute tot ’n sagte deeg vorm. Verplaas die deeg na ’n geoliede bak en bedek met kleefplastiek. Los 45 minute of tot die volume verdubbel het op ’n warm plek.

3    Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat.

4    Slaan met jou vuis die lug uit die deeg en rol dit in ’n plat ovaalvorm uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Verplaas na die voorbereide bakplaat, bedek met ’n klam doek en laat 15 minute of tot die hoogte verdubbel het op ’n warm plek.

5    Druk met jou vingers holtes in die deeg en verf met die ekstra olie. Bestrooi met die roosmarynblare, paprika en salot- of uiskywe. Druk die olywe in die deeg en bestrooi met die parmesaankaas.

6    Bak 25 minute of tot goudkleurig.

- Hope Malau