Lewer 12 groot kolwyntjies

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 25 minute

KOLWYNTJIES

625 ml (2½ k) meel

375 ml (1½ k) strooisuiker

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kakao

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) karringmelk

2 eiers

375 ml (1½ k) olie

5 ml (1 t) asyn

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

3 ml rooi jel-voedselkleursel

VERSIERSEL

250 ml room

350 g bevrore kersies

250 ml (1 k) suiker

125 ml (½ k) water

60 ml (¼ k) heuning

sap van 1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee groot muffinpanne met kleefwerende kooksproei.

KOLWYNTJIES

1. Sif al die droë bestanddele in ’n groot mengbak saam.

2.Meng al die nat bestanddele in ’n ander mengbak en klits tot goed gemeng.

3.Vou die nat bestanddele met ’n houtlepel by die droë bestanddele in tot dit ’n gladde beslag vorm. Moet dit nie te veel meng nie.

4.Skep die beslag met ’n soplepel in die voorbereide panne en bak 20 tot 25 minute of tot ’n tandestokkie skoon uitkom.

VERSIERSEL

Klits die room tot stywe punte vorm. Kook al die oorblywende bestanddele in ’n klein kastrol saam tot die vloeistof verdik en die kersies sag en klewerig is. Verwyder van die hitte.

Wanneer die kolwyntjies afgekoel het, sny hulle middeldeur en smeer room op die onderste helfte. Skep ’n lepel vol van die kersies op die room en maak die kolwyntjie met die ander helfte toe. Bedek elke kolwyntjie met van die oorblywende room en kersies.