LEWER 12-15 PASTEITJIES

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10-12 minute

VULSEL

500 g gemengde bevrore bessies

45-60 ml (3-4 e) strooisuiker sap en skil van 1 suurlemoen

KORS

180 ml (¾ k) melk

160 ml (2/3 k) olie

2 eiers

300 ml koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

60 ml (¼ k) strooisuiker

Vulsel Plaas die bestanddele in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 3 minute tot stroperig. Roer af en toe.

Skep lepels vol van die bessies in die holtes van ’n silikonmuffinpannetjie en hou eenkant. (Hou die stroperigheid eenkant.)

Kors Roer al die bestanddele saam en giet oor die vulsel in die muffinpannetjies.

Roer effens sodat die bessies deur die beslag marmer.

Mikrogolf sowat 4-6 minute of tot die koekdeeg terugspring wanneer jy daarop druk.

Sit onderstebo voor saam met roomys en die ekstra stroperigheid.