Lewer 36 kolwyntjis

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

KOLWYNTJIES

250 ml (1 k) melk

90 ml (6 e) kakao

250 ml (1 k) olie

8 eiers

500 ml (2 k) strooisuiker

10 ml (2 t) vanieljegeursel

875 ml (3½ k) koekmeel

20 ml (4 t) bakpoeier

knippie sout

200 g (4 x 50 g-stafies) Rolosjokolade

45 ml (3 e) room (opsioneel)

VERSIERSEL

250 ml (1 k) room, verkoel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

ekstra Rolo-sjokolade

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Vul die holtes van muffinpannetjies met papierbakkies.

  1. KOLWYNTJIES Verhit die melk en roer die kakao by tot goed gemeng. Roer die olie by.
  2. Klits die eiers en strooisuiker tot lig en dik en klits die vanieljegeursel by.
  3. Sif die droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Meng in.
  4. Skep die papierbakkies driekwart vol. Bak sowat 15 minute tot ferm in die middel.
  5. Sny ’n tonneltjie in die middel van elk. Behou die uitgesnyde stukkies koek.
  6. Smelt die sjokolade en room. Skep ’n bietjie in die holte. Plaas die koekstukkies terug.
  7. VERSIERSEL Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk by.
  8. Smeer oor die kolwyntjies. Rond af met ekstra stukkies sjokolade indien verkies.