SUURLEMOENSMEER

60 g STORK BAKE

sap en fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene

125 ml (½ k) suiker

3 groot eiers, geklits

POFFERTJIES

375 ml (1½ k) water

180 g STORK BAKE

knippie sout

375 ml (1½ k) koekmeel

4 ekstragroot eiers, geklits

CHOUXDEEG

250 ml (1 k) dubbelroom

versiersuiker vir bo-oor sif

SUURLEMOENSMEER

Smelt die STORK BAKE, suurlemoenskil en -sap en suiker saam in ’n kastrol oor lae hitte.

Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en klits die eiers in.

Plaas terug op die stoof en bring stadig tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word.

Laat prut tot die mengsel verdik en gaar is.

Giet in ’n bak en laat tot kamertemperatuur afkoel.

Verkoel in die yskas.

POFFERTJIES

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer bakplate.

Laat die water en STORK BAKE vinnig in ’n groot kastrol kook.

Verwyder van die hitte en voeg die sout en meel by.

Meng vinnig tot die mengsel ’n bol vorm en heeltemal wegtrek van die kante.

Laat afkoel tot koud genoeg om te hanteer.

Voeg die eier bietjie vir bietjie by en klits goed ná elke byvoeging.

Herhaal tot al die eier bygevoeg is.

Skep in ’n spuitsak en spuit hopies chouxdeeg op die bakplate.

Bak 10 minute, verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog 20 minute tot goudbruin.

Druk ’n gaatjie in elk sodat die stoom kan ontsnap.

Laat afkoel op ’n draadrak.

Klits die room en versiersuiker saam tot styf.

Vou by die smeer in en vul die poffertjies daarmee.

Sif versiersuiker oor.

Lewer 5 dosyn klein poffertjies.