Genoeg vir 12 kolwyntjies

Bereiding: 30-40 minute

Staantyd: 45 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

KOLWYNTJIES

125 g botter, by kamertemperatuur

150 ml strooisuiker

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) bruismeel

30 ml (2 e) melk

pienk koekkleursel

FRANSE VERSIERSEL

45 ml (3 e) meel

250 ml (1 k) melk

250 g botter, sag

250 ml (1 k) suiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

VERSIERING

klein eetbare blomme en vars rose

Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas 12 papierbakkies in ’n kolwyntjiepan.

KOLWYNTJIES

Plaas die botter en strooisuiker in ’n elektriese menger en klits tot liggeel en dik.

Voeg die eiers een vir een by en klits baie goed ná elke byvoeging.

Roer die vanieljegeursel by.

Sif die helfte van die meel by die mengsel, gevolg deur die melk.

Klits tot alles goed gemeng is en herhaal.

Deel die beslag in twee en kleur die een deel met ’n paar druppels pienk kleursel.

Skep lepels vol van albei kleure beslag in die bakkies en bak 16-18 minute  of tot gaar.

Haal die kolwyntjies uit die oond en laat dit afkoel.

VERSIERSEL

Meng die meel en melk in ’n kastrol en klits tot  goed gemeng.

Roer aanhoudend tot die mengsel begin verdik; laat 5-10 minute prut.

Verwyder die kastrol van die hitte, plaas kleefplastiek direk op die sous en laat dit afkoel.

Klits die botter en suiker in ’n elektriese menger tot dik en lig van kleur.

Roer die vanieljegeursel en die melkmengsel by en klits nog 5 minute.

Bedek en laat rus 15 minute in die yskas.

AFRONDING

Versier die kolwyntjies en rond af met blomme.

Volg Huisgenoot op Twitter.