Lewer 1 groot tert

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

100 g sjokolade-veselbeskuitjies

soos Bakers, fyn

gemaak

50 g botter, gesmelt

VULSEL

50 g mielieblom

gerasperde skil van ’n halwe lemmetjie of suurlemoen

50 ml (10 t) lemmetjie- of suurlemoensap

50 g strooisuiker

1 blik (200 g) fyn pynappel

1 eiergeel

250 g roomkaas

250 g room of crème fraîche styfgeklopte room en repies suurlemoen- en lemmetjieskil in strooisuiker gerol

  1. KORS Meng die beskuitjies met die botter en druk op die boom van ’n losboompan van 23 cm vas. Verkoel tot stewig.
  2. VULSEL Meng die mielieblom, skil, sap en suiker in ’n kastrol tot ’n pasta. Voeg die pynappel met stroop by en meng goed.
  3. Roer oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Verwyder van die hitte en roer die eiergeel by.
  4. Roer die roomkaas en crème fraîche by. Skep in die voorbereide kors en verkoel tot stewig.
  5. Versier met styfgeklopte room.