Lewer 20 blokkies

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 40 minute

KOEK

1 blik (440 g) fyn pynappel in stroop

250 ml (1 k) koekmeel

125 ml (1/2 k) bruismeel

2 ml (1/2 t) koeksoda

2 ml (1/2. t) fyn kaneel

2 ml (1/2 t) fyn gemmer

250 ml (1 k) sagte bruinsuiker (styf ingepak)

125 ml (1/2 k) droë klapper

250 ml (1 k) fyn gedrukte ryp piesangs

2 eiers, liggies geklits

180 ml (3/4 k) kanola-olie

VERSIERSEL

30 ml (2 e) botter by kamertemperatuur

60 ml (4 e) roomkaas

5 ml (1 t) vanieljegeursel 375 ml (11/2 k) versiersuiker pekan- of okkerneute vir versiering Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep vierkantige koekpan van 23 cm en voer die boom met gesmeerde bakpapier uit.

  1. KOEK Dreineer die pynappel oor ’n bakkie. Druk dit met die agterkant van ’n lepel om soveel moontlik van die stroop uit te druk. Behou 60 ml van die stroop. Plaas eenkant.
  2. Sif die koekmeel, bruismeel, koeksoda, speserye en suiker in ’n groot mengbak.
  3. Roer die pynappel, klapper, piesang, eiers, olie en die 60 ml pynappelstroop met ’n houtlepel by.
  4. Giet die mengsel in die voorbereide pan en bak sowat 40 minute of tot gaar.
  5. Laat die koek 5 minute in die pan afkoel voor dit op ’n draadrak uitgekeer word. Laat heeltemal afkoel.
  6. VERSIERSEL Klits die botter, roomkaas en geursel met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
  7. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot glad.
  8. Smeer die versiersel oor die koek en sny in blokkies.
  9. Plaas ’n neut op elke blokkie.