GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

100 g botter, kamertemperatuur

250 ml (1 k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

5 eiers

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) bakpoeier

375 ml (1½ k) meel, gesif

  1. Klits die botter en suiker in ’n groot bak tot baie lig en donsig. Voeg die vanielje by en voeg die eiers geleidelik by terwyl jy goed klits en die bak skraap soos nodig.
  2. Sif die sout en bakpoeier in en voeg die meel geleidelik by terwyl jy goed klits om te meng en weer die bak skraap soos nodig.
  3. Giet die beslag in ’n pan en bak 50 min. of tot ’n paar klam krummels aan ’n tandestokkie vaskleef wanneer dit in die middel van die koek ingesteek word. Laat in die pan op ’n draadrak afkoel. Haal die koek uit die pan en laat heeltemal op die rak afkoel voor jy dit sny.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers