Lewer 1 groot koek; bereiding: 20 minute; baktyd: 40 minute

VRUGTEBOLAAG

2 pruime, geskil, in skyfies gesny

160 ml (2/3 k) droe witwyn

160 ml (2/3 k) water

60 ml (1/4 k) strooisuiker

1/2 kaneelstok

KOEK

6 eiers, geskei

200 ml strooisuiker

200 ml amasi of karringmelk

gerasperde skil van 1 suurlemoen

160 ml (2/3 k) fyn polenta of geel mieliemeel

175 g gemaalde amandels

VERSIERSEL

60 ml (1/4 k) strooisuiker 45 ml (3 e) mielieblom 3 eiergele, geklits 500 ml (2 k) amasi of karringmelk 5 ml (1 t) vanieljegeursel

  1. VRUGTEBOLAAG Sit al die bestanddele in ’n kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut tot die pruime sag, maar steeds stewig is. Laat in die stroop afkoel.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde 20 cm-pan.
  3. KOEK Klits die eiergele en suiker in ’n bak tot lig en romerig. Roer die amasi of karringmelk en die skil in. Vou die polenta en amandel met ’n metaallepel in. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die polentamengsel in. Skep die  beslag in die koekpan. Bak 30 minute tot goudbruin en ferm. Laat afkoel en keer op ’n bord uit.
  4. VERSIERSEL Meng die suiker en mielieblom oor lae hitte in ’n kastrol en voeg die geklitste eiergele by. Roer goed. Roer die karringmelk stadig by, plaas dit op die stoof en verhit oor lae hitte terwyl geroer word tot die mengsel verdik. Dit moet lyk of dit wil begin prut, maar nie kook nie. Meng die geursel by en verkoel tot ’n stewige mengsel.
  5. Halveer die koek en smeer van die versiersel op, plaas die ander laag boop en smeer met versiersel. Verkoel. Plaas die vrugte bo-op.