Polenta, die Italiaanse weergawe van ons poetoepap, is geel en geskik vir allerhande geregte.

Lewer 8-12 porsies

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 35-40 minute

STROOP

250 ml (1 k) strooisuiker

125 ml (½ k) water

5 ml (1 t) vanieljegeursel

2 groot lemoene, appels of pere,

ongeskil en in skywe gesny

KOEK

4 eiers

250 ml (1 k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

250 ml (1 k) bruismeel, gesif

250 g polenta

100 g donkersjokolade, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 18 cm-ringkoekpan met botter en bestuif met koekmeel.

  1. Stroop Plaas al die bestanddele behalwe die vrugte in ’n kastrolletjie. Verhit en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die vrugteskywe by en laat 10 minute stadig prut. Haal van die stoof af en hou eenkant.
  2. Koek Klits die eiers, strooisuiker en vanielje saam tot lig.
  3. Voeg die bruismeel en polenta by en vou deur.
  4. Pak van die lemoenskywe onder in die koekpan. Skep die beslag bo-op.
  5. Gooi die sjokolade bo-op en marmer dit deur die beslag met ’n toetspen of stokkie. Bak 35-40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  6. Laat die koek sowat 10 minute afkoel en keer op ’n draadrak om. Maak die bokante effens los tot die koek uitgly.
  7. Plaas die res van die vrugte bo-op, giet die stroop oor en sit voor.