Lewer 10 muffins

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 30 minute

MUFFINS

400 ml (300 g) polenta

750 ml (3 k, 400 g) koekmeel

5 ml (1 t) suiker

20 ml (4 t) sout

15 ml (1 e) bakpoeier

6 eiers

750 ml (600 g) suurroom

50 ml melk

400 g gesmelte botter

150 g kaas soos feta, cheddar, mozzarella of ’n kombinasie

VULSEL

200 g vulsel van jou keuse soos oondgeroosterde tamaties, spinasie, sampioene, gekaramelliseerde ui

pampoensade om bo-oor te sprinkel (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Smeer die holtes van ’n muffinpan met 12 diep holtes.

Meng die droë bestanddele saam.

Klits die eiers, suurroom en melk saam en voeg by die droë bestanddele.

Meng dit liggies deur tot net gemeng.

Voeg die gesmelte botter, kaas en vulselbestanddele by en meng liggies.

Skep dit in die voorbereide pan en sprinkel pampoensade oor.

Bak sowat 30 minute tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.