Genoeg vir 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

250 ml (1 k) meel

’n knippie sout

125 ml (½ k) strooisuiker

15 ml (1 e) bakpoeier

2 ryp piesangs, fyngemaak

250 ml (1 k) melk

50 g botter, gesmelt

1 eier, liggies geklits

5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG

250 ml (1 k) bruinsuiker

45 ml (3 e) gouestroop

250 ml (1 k) kookwater

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakpan met botter.

  1. Sif die meel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak. Voeg die piesangs, melk, botter, eier en vanieljegeursel en klits tot net gemeng. Giet in die bakpan.
  2. BOLAAG: Plaas die bruinsuiker, gouestroop en kookwater in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Giet die helfte van die sous versigtig oor die poeding en bak 30 min. of tot deurgaar.
  3. Giet die orige sous oor terwyl die poeding nog warm is. Sit die poeding warm voor of by kamertemperatuur.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller