Hierdie klam en weelderige piesangkoek sal enige suikertand tevrede stel. Dis een van ons gunstelinge

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min

Bak: 50 min

150 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

125 ml (½ k) bruinsuiker

3 eiers

500 ml (2 k) meel, gesif

7 ml (1½ t) bakpoeier

10 ml (2 t) fyn kaneel

200 ml suurroom

3 piesangs, fyngemaak

BOLAAG

125 ml (½ k) strooisuiker

50 g botter

125 ml (½ k) dikroom

1 piesang, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep ringpan goed.

  1. Plaas die botter, strooisuiker en bruinsuiker in ’n bak en klits tot vaal en romerig.
  2. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
  3. Vou die meel, bakpoeier en kaneel in.
  4. Voeg die suurroom en piesangs by en roer tot gemeng.
  5. Skep die mengsel in die bereide bakpan en bak 50 minute of tot gaar ( ’n toetspen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word).
  6. Bolaag: Verhit die suiker in ’n pan oor matig-lae hitte 1 minuut of tot dit aan die kante begin smelt. Voeg die botter by en roer met ’n klitser. Giet die room in terwyl jy roer en hou aan roer tot dik. Giet oor die koek.
  7. Bedek met piesangskywe en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander