Lewer 1 middelslag brood

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

3-4 ryp piesangs, afgeskil

180 ml (¾ k) olie of gesmelte botter

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

125 ml (½ k) bruinsuiker

1 eier, geklits

5 ml (1 t) vanieljegeursel

375 ml (1 ½ k) koekmeel

250 ml (1 k) gekapte okkerneute

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer die bodem van ’n middelslaggrootte-broodpan met bakpapier uit en spuit met kossproei.

1. Druk die piesangs fyn met ’n vurk.

2. Sit die piesangs in ’n mengbak, voeg die olie by en meng.

3. Roer die suiker en vanielje by.

4. Roer die eier by en klits goed met ’n elektriese klitser.

5. Sif die meel, koeksoda en sout by die piesangmengsel.

6. Klits met die elektriese klitser tot net gemeng.

7. Skep die beslag in die voorbereide broodpan.

8. Bak die brood 45-50 min. of tot goudbruin en gaar.

9. Keer die brood uit op ’n draadrakkie en laat heeltemal afkoel.

10. Sny in skywe en sit voor.

11. Voeg die okkerneute by die mengsel en meng deur.

Resep en stilering: Esther Malan

Fotograaf: Megan Miller