Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Bak: 40 min.

2 ryp piesangs, fyngemaak

2 eiers

180 ml (¾ k) melk

60 ml (¼ k) olie

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

500 ml (2 k) meel

250 ml (1 k) bruinsuiker

10 ml (2 t) bakpoeier

5 ml (1 t) fyn kaneel

WITSJOKOLADEBOTTER

150 g botter, by kamertemperatuur

100 g witsjokolade, gesmelt

2 ml (½ t) fyn kaneel

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 25 x 12 cm.
  2. Meng die piesangs, eiers, melk, olie en vanielje-ekstrak in ’n middelslag-bak.
  3. Meng die meel, suiker, bakpoeier en kaneel in ’n ander bak.
  4. Klits die nat bestanddele by die droë bestanddele in tot goed gemeng. Giet dit in die gesmeerde broodpan en bak 40 minute of tot gaar.
  5. Witsjokoladebotter: Klits die botter met mening in ’n groot bak en klits dan die sjokolade en kaneel in tot goed gemeng. Verkoel in die koelkas tot effens verhard. Sit voor saam met die piesangbrood.