Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

BASIS

200 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

430 ml (1? k) bruismeel

5 ml (1 t) bakpoeier

3 eiers

30 ml (2 e) melk

BOLAAG

300 g natuurlike jogurt

50 g botter

4 piesangs, oorlangs gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer en voer ’n vierkantige bakpan uit.

  1. Basis: Klits al die bestanddele vir die basis saam tot dik en romerig. Smeer die mengsel in die bakpan en bak 25 min. of tot ferm. Haal uit die oond en laat afkoel.
  2. Bolaag: Skep die jogurt oor die bokant van die afgekoelde koekbasis. Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte. Braai die snykant van die piesangs eerste en keer dit met ’n spatel om om die ander kant te braai. Verwyder die pan van die hitte en rangskik die piesangs oor die jogurtbasis.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers