Margaret Rheeder van Knysna het hierdie resep met ons gedeel.

Lewer 2 terte van 20 cm elk

Bereiding: 40 minute

Baktyd: 30 minute

KORS

120 g botter

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) sonneblomolie

1 eier

500 ml (2 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier

knippie sout

VULSEL

90 g botter, gerasper

90 ml (6 e) hawermout

30 ml (2 e) suiker

90 ml (6 e) melk

90 ml (6 e) appelkooskonfyt

4 piesangs, in skyfies gesny

room vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 tertpanne van 20 cm goed.

  1. KORS Meng al die bestanddele en druk teen die boom en kante van die tertpanne.
  2. VULSEL Meng al die bestanddele behalwe die konfyt, piesangs en room goed. Voeg ’n bietjie melk by sodat dit makliker kan smeer.
  3. Smeer die appelkooskonfyt oor die kors en rangskik die piesangskyfies bo-op.
  4. Smeer die hawermoutmengsel oor die piesangs en bak 30 minute tot goudbruin.
  5. Sit voor saam met room.