Lewer: 10

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

85 g botter

125 ml (½ k) strooisuiker

100 g donkersjokolade

30 ml (2 T) sjokoladelikeur (soos Amarula)

3 eiers, geskei

85 g fyngemaalde gemengde neute

3 pere, geskil en halveer

1.    Voorverhit die oond tot by 180°C. Smeer ’n koekpan van 20 cm en strooi 15 ml (1 T) suiker daarin om die pan te bedek.

2.    Smelt die botter en sjokolade in ’n dubbelkoker. Wanneer die sjokolade heeltemal gesmelt is, verwyder van die hitte en roer die likeur by. Sit eenkant.

3.    Klits die eiergeel in ’n bak tot bleek. Vou die sjokolademengsel en neute daarby in.

4.    Klits die eierwit in ’n skoon glas- of metaalbak totdat die grootte verdubbel het of dit ’n sagte piek vorm.  Vou die eierwit twee lepelsvol op ’n slag by die sjokolademengsel in.

5.    Giet die mengsel in die voorbereide koekpan. Rangskik die pere bo-op die mengsel. Bak vir 40 minute.

- Hope Malau