Lewer 20

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

750 ml (3 k) meel

15 ml (1 e) bakpoeier

2,5 ml (½ t) koeksoda

’n knippie sout

200 g botter, versag

250 ml (1 k) suiker

2 eiers

375 ml (1½ k) natuurlike jogurt

skil van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) papawersaad

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Voer ’n 12-holte-muffinpan met kolwyntjiedoppies uit.

1. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n groot bak.

2. Klits die botter en suiker in ’n ander bak tot vaal en romerig. Voeg die eiers een-een by terwyl jy klits.

3. Meng die natuurlike jogurt, suurlemoenskil en papawersaad in. Giet die bottermengsel in die droë bestanddele en meng goed.

4. Giet in die voorbereide kolwyntjiedoppies en bak 15 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander