Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

PAP

1 liter (4 k) water

2,5 ml (½ t) sout

125 ml (½ k) suiker

250 ml (1 k) mieliemeel

VLA

3 eiers

10 ml (2 t) vanieljegeursel

60 ml (¼ k) strooisuiker

180 ml (¾ k) melk, warm gemaak

’n knippie neutmuskaat

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Pap: Gooi 750 ml (3 k) water, die sout en die suiker in ’n pot en bring tot kookpunt. Meng die oorblywende water met die mieliemeel tot glad en voeg in die pot.
  2. Bedek en kook oor lae hitte 20 min. terwyl jy roer. Verwyder die pap van die hitte en laat afkoel.
  3. Vla: Klits die eiers, vanieljegeursel, strooisuiker en melk saam. Voer die bodem en kante van 4 ramekins met die afgekoelde pap uit en giet die vlamengsel liggies oor.
  4. Strooi die neutmuskaat oor elke gevulde ramekin. Bak 30 min. of tot net geset. Laat heeltemal afkoel en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan