Lewer 30 pannekoeke

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 5 min.

500 ml (2 k) meel, gesif

10 ml (2 t) bakpoeier

125 ml (½ k) strooisuiker

2 eiers

500 ml (2 k) melk

80 g botter, gesmelt

vars vrugte, vir voorsit

esdoringstroop

1.    Plaas die meel, bakpoeier en suiker in ’n bak en maak ’n holte in die middel.

2.    Meng die eier, melk en botter en giet dit geleidelik in die holte in en klits tot glad.

3.    Verhit ’n liggies gesmeerde kleefwerende pan oor lae hitte. Skep 60 ml (¼ k) van die mengsel in die pan en braai 2 min. of tot borrels op die oppervlak vorm.

4.    Keer om en bak nog 1 min. Herhaal met die oorblywende mengsel.

5.    Pak die pannekoeke in hopies op individuele borde, bedek met vars vrugte en bedruip met stroop.

Wenk: Halveer die bestanddele om 15 pannekoeke pleks van 30 te bak

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander