Lewer 28 rolle

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

250 ml (1 k) louwarm melk

10 g aktiewe droë gis

4 x 250 ml (4 k) meel

45 ml (3 e) strooisuiker

2,5 ml (½ t) sout

30 g botter, gesmelt

1 eier

250 ml (1 k) pampoen, fyngemaak

1 eiergeel gemeng met 15 ml (1 e) water

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Klits die melk en gis saam in ’n bak. Sit 5 min. eenkant.
  2. Meng die meel, suiker en sout in ’n groot bak. Voeg die botter, eier, pampoen en gismengsel by. Meng die deeg goed. Knie die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sit dit in ’n gesmeerde bak en los 45 min. op ’n warm plek.
  3. Knie die deeg af en verdeel in ewe groot stukke. Rol in balle en pak op ’n bereide bakplaat. Verf die bokante met die eiergeelmengsel en bak 40 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander