Bereiding: 1 uur

Baktyd: 35 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

7 eiergele

2 heel eiers

30 ml (2 e) suiker

60 ml (¼ k) esdoringstroop

30 ml (2 e) botter

’n knippie sout

5 ml (1 t) fyn kaneel

2,5 ml (½ t) neutmuskaat

2,5 ml (½ t) fyn gemmer

250 g pampoen, gaar en tot puree verwerk

750 ml (3 k) broodmeel

10 g suurdeeg

Voorverhit dit oond tot 180 °C.

In ’n elektriese menger wat op stadig gestel is, voeg die eiers, suiker, stroop, botter, sout, speserye en pampoen in.

Meng meel met suurdeeg en voeg stadig meel by tot ’n effens klewerige deeg vorm.

Bedek die bak en laat rys ’n uur op ’n warm plek.

Verdeel die deeg in drie gelyke dele en vleg dit in een groot brood.

Plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat, bedek en laat rys 30 minute.

Sit dit in die oond en bak 35 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom.

- Hope Malau