LEWER 1 GROOT BROOD (12 SNYE)

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 55 minute

KOEK

600 g vanieljekitskoekmengsel,

Plus ekstra bestanddele soos op die kitskoekmengselpakkie beskryf

375 ml Oreo-koekiekrummels

VERSIERSEL

90 g botter

500 ml (2 k) versiersuiker

10 ml (2 t) vanieljegeursel

1 pakkie (90 g) vanieljekitspoeding melk of kookwater

Oreo-koekies vir versiering, gebreek

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot broodpan van 14 x 37 cm en bestrooi met meel.

KOEK Maak die koek-mengsel aan soos op die pakkie beskryf. Vou die koekiekrummels in en giet in die voorbereide broodpan. Bak 50-55 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.

Laat effens in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.

VERSIERSEL Verroom die botter, versiersuiker, geursel en kitspoeding saam tot lig en donsig en voeg net genoeg melk by om dit smeerbaar te maak. Smeer oor die koek en versier met die gebreekte koekies.