6 velle filodeeg

gesmelte botter vir borsel

fyn amandels vir oorstrooi

VULSEL

60 ml (¼ k) bruinsuiker

1 blik (400 g) tertappels

goeie handvol droë bosbessies en/of sultanas

kaneelsuiker vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Botter elke vel filodeeg, besprinkel ligweg met amandels en pak opmekaar.

Sny in 6 blokke. Plaas die blokke op ’n bakplaat.

VULSEL

Meng die bruinsuiker, tertappels, bosbessies en/of sultanas.

Verdeel tussen die 6 blokke.

Vou die filodeeg lossies effe toe oor die deeg sodat van die vulsel uitloer.

Besprinkel die bokant met kaneelsuiker.

Bak sowat 8 minute tot die deeg goudbruin is.

Wenk: Plaas die velle opmekaar, skep die vulsel in die middel af, vou die kort ente effe in en rol dan op. Plaas met die voukant op ’n bakplaat en bak tot goudbruin. Sit voor met vla of room.

Volg Huisgenoot op Twitter.