Genoeg vir 6 mense

Gaarmaak: 45 min.

Bereiding: 10 min.

375 ml (1½ k) meel, gesif

60 ml (¼ k) bruinsuiker

75 g botter

5 ml (1 t) koeksoda

10 ml (2 t) fyn gemmer

1 eier

15 ml (1 e) gouestroop

skil en sap van 1 lemoen

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) melk

10 ml (2 t) fyn kaneel

vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n ringkoekpan.

  1. Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak. Giet die mengsel in die pan en bedek met foelie.
  2. Plaas die poeding in ’n roosterpan en gooi kookwater in tot dit die kante van die pan bereik.
  3. Plaas vir 45 min. in die oond.
  4. Laat 10 min. rus voor jy dit uitkeer. Bestuif met nog kaneel en sit voor met die vla.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller