Lewer 16-20 stafies

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

310 ml (1¼ k) meel

5 ml (1 t) kaneel

5 ml (1 t) bakpoeier

500 ml (2 k) hawermoutvlokkies

125 ml (½ k) gemengde neute, gekap

60 ml (¼ k) droë klapper

45 ml (3 e) pampoensade

180 ml (¾ k) esdoringstroop

125 g botter

2,5 ml (½ t) koeksoda

VULSEL

60 ml (¼ k) esdoringstroop

40 g botter

1 suurlemoen se skil en sap

30 ml (2 e) meel

300 g vars aarbeie, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier.

  1. Sif die meel, kaneel en bakpoeier in ’n groot bak saam. Voeg die hawermout, neute, klapper en pampoensade by.
  2. Smelt die stroop en botter in ’n pot en roer die koeksoda by. Voeg die droë bestanddele by en roer om te meng.
  3. Druk die helfte van die hawermoutmengsel met nat hande plat op die basis van die bakplaaat. Bak 10 min. en laat staan eenkant.
  4. Vulsel: Meng die stroop, botter, suurlemoen en meel in ’n middelslagbak tot glad. Voeg die aarbeie by en roer om goed te meng.
  5. Smeer die vulsel oor die afgekoelde basis tot dit heeltemal bedek is. Druk die oorblywende hawermoutmengsel oor. Bak nog 30 min. of tot goudbruin. Laat heeltemal afkoel en sny in stafies.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers