Lewer 18

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

250 g botter

160 ml (? k) strooisuiker

250 ml (1 k) bruismeel

250 ml (1 k) meel

7 ml (1½ t) gemmer

5 ml (1 t) kaneel

Bolaag

80 ml (1/3 k) gouestroop

375 ml (1½ k) versiersuiker

100 g botter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 19 x19 cm-pan.

  1. Vryf die botter, strooisuiker, bruismeel, meel en speserye saam in ’n bak tot dit soos broodkrummels lyk.
  2. Druk die mengsel in ’n pan en bak 20 min.
  3. Bolaag Verhit die gouestroop, versiersuiker en botter in ’n pot terwyl jy roer tot borrelrig. Giet oor die basis en sit 2 uur in die koelkas. Sny dan in blokkies.

Deur Hope Malau