.

Lewer 20

Bereiding: 15 min.

Bak: 30 min.

75 g botter

300 g wit sjokolade, grof gebreek

3 eiers

125 ml (½ k) strooisuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

330 ml (1? k) bruismeel

100 g amandelvlokkies, grof gekap

100 g wit sjokolade, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat van 12 x 30 cm liggies en voer met bakpapier uit.

  1. Smelt die botter en sjokoladestukke in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol pruttende water oor lae hitte.
  2. Klits die eiers, strooisuiker en vanieljegeursel in ’n ander bak. Roer die gesmelte sjokolademengsel in en vou dan die meel, amandels en gekapte sjokolade in.
  3. Skraap die mengsel in die voorbereide pan en sprei na die kante uit. Bak 30 minute of tot die bokant ’n ferm kors het. Laat in die pan afkoel en sny dan in vierkante.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander