Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 2 uur

200 g vars aarbeie

250 g roomkaas

125 g mascarponekaas

125 ml (½ k) vars room

skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) strooisuiker

200 g koekies, gekrummel

ekstra aarbeie, vir voorsit

  1. Puree die aarbeie in ’n verwerker. Plaas die aarbeipuree, roomkaas, mascarpone, vars room, suurlemoenskil en strooisuiker in ’n groot bak en meng goed.
  2. Vir aanmekaarsit: Plaas ’n laag koekiekrummels onder in 4 koppies of opdienglase. Volg met ’n laag van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae twee of drie keer, afhangende van die grootte van jou koppie of opdienglas en eindig met ’n roomkaaslaag.
  3. Garneer elke kaaskoek met vars aarbeie en verkoel minstens 2 uur.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander