.

Lewer 12 balle

Gaarmaak: 8 min.

Bereiding: 15 min.

200 ml romerige grondboonbotter

60 ml (¼ k) heuning

2 ml (½ t) vanielje-ekstrak

1 L (4 k) graanvlokkies, liggies fyngemaak

80 ml (? k) droë-appelkose, fyn geknip

60 ml (¼ k) amandels, gerooster en gekap

1 ml (¼ t) fyn gemmer

80 g sjokolade, gekap

20 g botter

  1. Meng die grondboonbotter, heuning en vanielje-ekstrak in ’n groot kastrol. Verhit oor late hitte terwyl jy aanhoudend klits tot net gesmelt en amper glad. Roer die graanvlokkies, appelkose, amandels en gemmer in tot goed gemeng.
  2. Vorm die mengsel in balle met nat hande. Los op ’n gesmeerde bakplaat sowat 15 min. of tot ferm.
  3. Plaas die sjokolade en botter in ’n hittebestande bak. Verhit terwyl jy roer oor ’n pot pruttende water tot gesmelt.
  4. Bedruip oor die appelkoos-graanvlokkieballe. Sit eenkant sowat 15 min. of tot die sjokolade geset het. Bêre in ’n lugdigte houer. Dit sal sowat ’n week vars bly.

Deur Hope Malau