Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

60 ml (¼ k) heuning

3 lemoene, in skywe gesny

Koek

140 g botter, versag

300 ml strooisuiker

skil van 1 lemoen

10 ml (2 t) vanieljegeursel

3 eiers k – k

500 ml (2 k) meel

5 ml (1 t) bakpoeier

2, 5 ml (½ t) koeksoda

250 ml (1 k) karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 22 cm-koekpan en voer dit met bakpapier uit. .

1.    Bedruip die pan se basis met heuning en pak lemoenskywe in lae sodat dit oorvleuel.

2.    Koek: Room die botter, suiker, skil en vanielje saam tot lig en donsig. Skraap die kante van die bak en voeg die eiers een-een by. Klits die meel, bakpoeier en koeksoda saam in ’n ander bak. Voeg die helfte van die droë bestanddele by die bottermengsel en meng. Voeg dan die helfte van die karringmelk by. Herhaal met die oorblywende meel en karringmelk. Meng tot dit glad is.

3.    Giet die beslag oor die lemoene en bak 40 min. in die oond.

4.    Laat die koek 10 min. op ’n draadrak afkoel. Keer die koek op ’n opdienbord uit en laat dit nog afkoel.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller