Genoeg vir 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

100 g pitlose rooi druiwekorrels

125 ml (½ k) strooisuiker

1 eier

1,5 L melk

5 ml (1 t) koeksoda

120 g botter

100 ml heuning

250 ml (1 k) meel

’n knippie sout

Sous

60 ml (¼ k) heuning

60 ml (¼ k) bruinsuiker

80 ml (? k) rooiwyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n koekpan.

  1. Rangskik die druiwekorrels op die bodem van die pan. Klits die suiker, eier, melk en koeksoda in ’n mengbak en sit eenkant.
  2. Smelt die botter en heuning oor lae hitte in ’n kastrol en sit eenkant.
  3. Sif die meel en sout in ’n groot mengbak. Voeg die eiermengsel en die bottermengsel by en klits goed.
  4. Giet die beslag oor die druiwekorrels en bak 50 min. of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit sowat 30 min. in die koelkas.
  5. Sous: Gooi al die bestanddele in ’n potjie en laat prut oor lae hitte tot verdik. Keer die koek onderstebo op ’n bord uit en giet die rooiwynsous oor.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers