Genoeg vir 6

Bereiding: 5 minute

Baktyd: 40 minute

1 blik (825 g) halwe appelkose in sap

200 g botter

250 ml (1 k) strooisuiker

skil van ½ suurlemoen

2 eiers

500 ml (2 k) bruismeel

175 ml (¾ k) melk

1    Voorverhit die oond tot 180 °C. Besmeer ’n 20 cm vierkantige bakplaat met olie en voer die bodem en kante uit met bakpapier.

2    Dreineer die appelkose en hou die sap eenkant. Druk die vrugte droog en pak, met die gesnyde kant na bo, in die plaat.

3    Klop die botter, strooisuiker en skil tot bleek en romerig.

4    Klop die eiers, meel en melk in. Smeer die mengsel oor die appelkose, maak glad bo en bak 40 minute of tot ’n steekpen skoon uit die middel uitkom.

5    Skep die sap oor die warm koek en laat eenkant staan om af te koel. Sny in vierkante en sit voor.

- Hope Malau