Bereiding: 1 uur

Baktyd: 35 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 20 minute

Lewer 1 brood 

Brood

500 ml (2 k) meel

250 ml (1 k) semel

10 ml (2 t) suurdeeg

’n knippie sout

10 ml (2 t) suiker

300 ml louwarm water

60 ml (¼ k) olyfolie en ekstra vir smeer

100 g gemengde saad

Konfyt

700 g appelliefies

150 ml water

700 g strooisuiker

Brood

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Meng die meel en semel in ’n bak.

Roer die suurdeeg, sout en suiker in.

Meng die louwarm water met die olyfolie.

Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die vloeistofmengsel daarin.

Meng vinnig met jou hande om ’n taai deeg te vorm.

Strooi meel op ’n werkoppervlak en plaas die deeg daarop.

Strooi die helfte van die saad oor die deeg.

Knie die deeg deur dit weg van jou af te rek en dan weer in die helte na jou toe te vou en weer weg van jou af te rek.

Doen dit minstens 15 minute.

Wanneer die deeg glad is, plaas dit op ’n broodpan wat met olyfolie gesmeer is en laat rus 1 uur.

Wanneer die deeg tot dubbel die grootte gerys het, strooi die res van die sade oor en bak 35 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom.

Laat op ’n draadrak afkoel.

Konfyt

Was die appelliefies en verwyder eniges wat beskadig is.

Gooi die appelliefies en water in ’n groot kastrol.

Bring tot kookpunt en laat prut 10 minute tot die vrugte sag is.

Roer die suiker in en kook oor lae hitte vir 1 uur of tot die suiker opgelos het.

Verhoog die hitte en kook 10 minute of tot geset.

Steriliseer die konfytflesse deur hulle in seepwater te was, uit te spoel en in ’n oond te plaas wat vooraf tot 140 °C verhit is.

Laat hulle 30 minute droog word.

Skep die konfyt in die flesse en verseël styf met ’n deksel.

- Hope Malau