Lewer 30

Bereiding: 15 min.

Rys: 1½ uur

Gaarmaak: 30 min. 

10 g droë gis

125 ml (½ k) suiker

80 ml (? k) water

375 ml (1½ k) melk, tot net onder kookpunt gebring en dan afgekoel

5 ml (1 t) sout

2 eiers

90 g botter

5 x 250 ml (5 k) meel, gesif, plus ekstra vir bestrooi

olie vir diepbraai

ROOIBOSSTROOP

25 ml (½ k) bruinsuiker

125 ml (½ k) sterk rooibostee-treksel

5 ml (1 t) mieliemeelblom

  1. Meng die gis, 5 ml (1 t) van die suiker en die water in ’n bak. Laat staan 10 minute of tot skuimerig.
  2. Voeg die oorblywende suiker, die melk, sout en botter by en meng. Voeg geleidelik die meel by en klits tot die deeg glad is. Verplaas na ’n liggies gesmeerde bak en bedek losweg met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek sowat 1 uur tot verdubbel.
  3. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol in ’n skyf met ’n dikte van 1 cm. Sny oliebolle uit die deeg met ’n ringsnyer. Maak die afvalstukkies bymekaar, rol uit en sny nog ringe uit.
  4. Smeer ’n paar bakplate en voer met bakpapier uit. Plaas die oliebolle op die velle met genoeg ruimte tussenin dat dit kan uitsit. Bedek losweg met kleefplastiek. Laat staan sowat 30 minute op ’n warm plek tot verdubbel.
  5. Verhit olie met ’n diepte van 8 cm in ’n kastrol tot warm. Braai sarsies van die oliebolle sowat 4 minute in die olie terwyl jy dit een keer omdraai tot opgepof en goudkleurig. Skep met ’n gaatjieslepel uit die olie en dreineer op papierhanddoeke.
  6. Rooibosglans: Meng die bestanddele in ’n klein kastrol en bring stadig tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer tot die suiker opgelos het. Kook tot stroperig. Doop die oliebolle in die glans om dit heeltemal te bedek en plaas op ’n draadrak tot die glans geset het.