Bereiding: 15 minute

Baktyd: 30 minute

Yskastyd: 1 ½ uur

Lewer 24 stafies

Kors

200 g pekanneute

250 ml (1 k) meel

125 ml (½ k) versiersuiker

2,5 ml (½ t) kaneel

125 ml (½ k) botter, sag gemaak

Vulsel

350 g bevrore aarbeie

125 ml (½ k) water

250 ml (1 k) strooisuiker

4 groot eiers en

4 eiergele, geklits

30 ml (2 e) suurlemoensap

’n knippie sout

125 ml (½ k) ongesoute botter, sag gemaak

Kors

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit. Plaas die neute in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn gemaal. Voeg die meel, versiersuiker en kaneel by en verwerk. Voeg die botter by en pols tot alles gemeng is. Jy kan ook jou vingerpunte gebruik om al die bestanddele te meng.

2. Druk die mengsel in die uitgevoerde oondpan plat en sit dit vir 30 minute in die vrieskas. Bak daarna 20 minute in die oond.

Vulsel

3. Plaas die bessies en water in ’n kastrol oor matige hitte en laat prut 5 minute. Druk dit deur ’n sif fyn en laat afkoel.

4. Meng die strooisuiker, eiers, eiergele, suurlemoensap en sout by die bessiemoes in. Plaas die mengsel in ’n kastrol oor matige hitte en roer vinnig tot dit verdik. Haal van die plaat af en roer die botter in tot goed gemeng.

5. Giet die warm vulsel oor die kors en bak 10 minute of tot die vulsel gestol het. Laat afkoel en verkoel verder 1 uur in die yskas voor jy dit sny.

- Hope Malau