Lewer 1 middelslag-koek

Bereiding: 15 min

Baktyd: 1 uur

Kors

1 pak (200 g) sjokolade-semelbeskuitjies

50 g botter, gesmelt

Vulsel

150 g donker sjokolade, in stukke gebreek

250 ml (1 houer) room

100 g (1 pak) Brasiliaanse neute, grof gekap

2 eiers 100 g (125 ml) suiker 500 g roomkaas Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer ’n 20 cm-losboompan goed.

  1. Kors Maak die beskuitjies in ’n voedselverwerker fyn en meng dit met die botter.Druk op die boom en effens teen die kante van die pan vas. Verkoel.
  2. Vulsel Smelt die sjokolade en room in die mikrogolfoond of in ’n glasbak oor ’n kastrol met pruttende kookwater.
  3. Meng die neute met so ’n kwart van die sjokolade en smeer dit oor die kors.
  4. Klits die eiers en suiker tot lig en dik. Klits die roomkaas in. Giet die mengsel in die pan. Streep die res van die gesmelte sjokolade oor die maaskaasmengsel en roer ligweg deur met ’n Chinese eetstokkie om ’n marmer-effek te gee.
  5. Bak 1 uur tot gestol, maar nog effens drillerig in die middel. (Plaas ’n klein bakkie met water in die oond sodat die koek nie uitdroog nie.) Laat effens afkoel in die oond. Haal uit en laat heeltemal afkoel voor dit in die yskas geplaas word.