.

Lewer 1 koek

Bereiding: 20 min

Bak: 30 min

5 eiers, geskei

2 ml (½ t) kremetart

160 ml (? k) strooisuiker

150 ml (? k) melk

100 ml olie

250 ml (1 k) bruismeel, gesif

15 ml (1 e) fyn gerasperde lemoenskil

100 ml lemoensap

NEUTBOLAAG

250 ml (1 k) gemengde neute

VULSEL

250 ml (1 k) room

30 ml (2 e) versiersuiker

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

SJOKOLADE-GANACHE

160 ml (? k) room

200 g donker sjokolade, gebreek

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-ringkoekpan.

  1. Klits die eierwitte en kremetart saam tot sagte punte vorm. Voeg geleidelik 80 ml (? k) van die strooisuiker bietjie vir bietjie by terwyl jy goed klits ná elke byvoeging tot stywe punte vorm. Sit eenkant.
  2. Klits die eiergele en oorblywende suiker in ’n ander bak tot bleek en donsig.
  3. Voeg die melk, olie, meel, lemoenskil en sap by, en klits tot gemeng. Voeg die eierwitmengsel in sarsies by en vou dit sagkens by die eiergeelmengsel in.
  4. Giet die beslag in die bakpan en bak 30 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.
  5. Neutbolaag: Sprei intussen die neute op ’n bakplaat uit en rooster 7 minute. Kap grof en sit eenkant.
  6. Vulsel: Klits die room, versiersuiker en vanielje-ekstrak in ’n bak tot styf, maar wees versigtig om dit nie te veel te klits nie. Bedek en verkoel tot benodig.
  7. Wanneer die koek heeltemal afgekoel het, sny dit versigtig horisontaal middeldeur met ’n getande mes. Plaas die basis op ’n koekbord en smeer die gegeurde room bo-oor. Sit die boonste helfte van die koek terug.
  8. Sjokolade-ganache: Bring die room tot net onder kookpunt in ’n pannetjie oor matige hitte. Verwyder van die hitte, voeg die sjokolade by en klits tot glad. Smeer die mengsel egalig oor die koek met ’n spatel.
  9. Strooi die gekapte neute bo-oor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander